top of page
blurred-shot-of-a-sea-seen-through-baltic-parsley-2026-03-18-13-17-50-utc.jpeg

Upcoming Retreats & Events

A space to step away, reflect, and reconnect with yourself.
Each offering is designed to support clarity, emotional renewal, and meaningful change.

  • Thu, 03 Sept
    Affi Lande Guest Farm & Wedding Venue
    03 Sept 2026, 14:00 – 06 Sept 2026, 00:00
    Affi Lande Guest Farm & Wedding Venue, Fouriesburg | Free State
    The SALF Retreat is a four-day retreat for a small circle of women in the beautiful surroundings of Fouriesburg, only a stone’s throw from Clarens. Created for women who feel the need to rise above their circumstances, this retreat offers space to heal, restore and reclaim.
    Share
  • Thu, 27 Aug
    Affi Lande Guest Farm & Wedding Venue
    27 Aug 2026, 14:00 – 30 Aug 2026, 00:00
    Affi Lande Guest Farm & Wedding Venue, Fouriesburg, South Africa
    The SALF Retreat is a four-day retreat for a small circle of women in the beautiful surroundings of Fouriesburg, only a stone’s throw from Clarens. Created for women who feel the need to rise above their circumstances, this retreat offers space to heal, restore and reclaim.
    Share
Testimonials & Comments (8)

Elize Lombard
Sep 13

3-6 September 2026. Wat 'n belewenis! 'n Sielsverrykende, lewensveranderende, oase-in-'n-woestyn, lewensreis was dit nie!


Ek, totaal oorweldig deur 'n moeilike vyf jaar van verskeie verliese, het uit desperaatheid vir Tania ge-epos, nadat my sus my vertel het van die SALF heelword naweek.


Dit is 'n móét geleentheid vir enige iemand wat, in hierdie uitdagende, deurmekaar wêreld van vandag, net weer die ware self wil ontdek. Sue, "an ambassador of joy", bied elke sessie meesterlik aan en lei ons stap-vir-stap op 'n pad van herontdek, selfontdek. Tania, met haar uitsonderlike gawe van woorde, herhinner ons daaraan dat ons elkeen 'n konigin is op ons eie unieke lewensreis. Dat die Noord ster rotsvas staan en dat die kompas in ons harte geanker is.


'n Klein intieme groepie van nege vroue. Deur baie trane en baie, baie lag word vreemdelinge ware vriendinne.


Affi Lande gasteplaas, Foeriesburg, verrasend anders, is 'n asemrowende, onbeskryflike, koestertuiste vir drie dae.


Hierdie SALF heelword naweek staan in my geheue uit, as 'n baken van HOOP en in my hart het dit 'n altyd-onthou-lêplek gekry.


Dankie Tania.

Dankie Sue.

Dankie Adri. (Affi Lande)


Zanet Koegelenberg
Sep 10

’n Naweek van SALF – vir gees, siel én liggaam! ❤️


Wat begin het as ’n vroue-retreat, het geëindig as ’n reis van selfontdekking, heling, lag, trane en sommer ’n hele klomp “aha!”-oomblikke.


Onder die bekwame en liefdevolle leiding van Tania en Sue, ons twee ongelooflike life coaches, het ons diep gedelf – in onsself, ons persoonlikhede, ons emosies en die manier waarop ons na die lewe en na onsself kyk. Ons het geleer om stres beter te hanteer, om soms eers te dink voordat die mond die res van die liggaam inhaal, om onsself te aanvaar en te waardeer – en, baie belangrik, om net jouself te wees.


Daar was baie trane… maar gelukkig minstens net soveel lag! 😂 Ons het gehuil oor dinge wat seermaak, gelag oor dinge wat eintlik glad nie snaaks is nie, en mekaar se harte sommer net ’n bietjie ligter gemaak.


En dan was daar Affilande Gasteplaas – wat ’n pragtige plek! Die rustigheid, natuurskoon en gasvryheid het die perfekte agtergrond vir hierdie besondere naweek geskep. Ons is met soveel warmte en vriendelikheid ontvang en uitstekend versorg. ’n Mens kon sommer voel: hier is plek om asem te haal.


Maar natuurlik kon ’n groep Suid-Afrikaanse vroue nie ’n naweek hê sonder ’n bietjie rugby-drama nie! 🇿🇦🏉 Ons het saam gegil, geskree, gelag en amper ons stemme verloor toe die Bokke die All Blacks klop – hierdie keer in die Fouriesburg Hotel! Want soms is heling ook net om saam met ’n klomp vroue uit volle bors te skree: “GO BOKKE!” 😂🇿🇦


Ek stap weg van hierdie naweek met ’n dieper waardering vir myself, ’n klomp nuwe insigte, kosbare herinneringe en ’n hart wat sommer ’n bietjie sagter geword het.


Dankie Tania en Sue dat julle ons so veilig deur die prosesse gelei het. Dankie vir julle kennis, wysheid, humor en die manier waarop julle elkeen van ons toegelaat het om net te wees.


En dankie aan elke vrou wat deel was van hierdie reis. Ons het dalk as vreemdelinge opgedaag, maar ons het huis toe gegaan met iets van mekaar in ons harte.


Salf vir die siel? Absoluut.

Gees, siel én liggaam verryk? Beslis.

Sal ek dit weer doen? Sonder om twee keer te dink! ❤️


Soms het ’n mens nie ’n vakansie nodig nie…

jy het net ’n klomp goeie vroue, ’n veilige plek, ’n paar moeilike gesprekke, baie lag, ’n bietjie huil – en ’n Bokke-oorwinning nodig! 🇿🇦❤️


Yolanda
Sep 01

As jy in ‘n diep donker gat sit en voel jy kan eenvoudig nie vorentoe beweeg nie, dan is hierdie naweek dalk net vir jou. Ek het daar aangekom met geen verwagtinge nie en het weggestap met soveel meer as wat ek ooit kon verwag. Dit is ‘n naweek waar ‘n groep dames bymekaar kom, elkeen met haar eie hartseer, seer en trauma. Tog het ons elkeen iets in gemeen: die behoefte om gesien en erken te word, liefde te ontvang en liefde uit te deel.

Ek het dinge van myself ontdek wat ek óf vergeet het óf nie eens besef het nie. Ek stap weg met ‘n nuwe gevoel van selfvertroue, beter rigting en praktiese riglyne om weer vorentoe te beweeg en ‘n nuwe weergawe van myself te word.

Die werkswinkel vind plaas in ‘n pragtige, rustige omgewing naby die natuur - ‘n plek waar jy gemaklik aanvaar en veilig kan voel. Met twee uitstekende fasiliteerders wat oorloop van entoesiasme, warmte en deernis. Ek sal hierdie ervaring van harte aanbeveel vir enige vrou - oud of jonk.

Soms het ons net ‘n veilige plek nodig om weer onsself te vind.


Nelia
Aug 31

As vrou wat deur verlies gegaan het, is en was hierdie die beste SALF vir my seer ooit. Ek is nie iemand wat my gevoelens openbaar voor ander mense nie. Sue en Tania skep ‘n admosfeer van veiligheid en eerlikheid in Geloof. Ek het vroue ontmoed wat elkeen haar eie seer dra. Ek het elke sekonde veilig en waardeerd gevoel. Hierdie is beslis ‘n moed vir elke vrou wat wil “wees”.

Tania, jy en Sue is deur die Here gestuur om gebroke vrouens weer heel te maak.

Edited

Sina Hattingh
Aug 31

Ek is steeds nederig, stil-dankbaar. My grootste verwagtinge is oortref! Wat 'n ongelooflike seën. Pragtige vrouens ontmoet en ons almal se soeke na vervuldheid, het my weereens laat besef hoekom elkeen wat daar was, lank reeds deur God uitgekies is. Sue en Tania ... julle is uitsonderlike mense. Opreg, eerlik en voluit! Ek sal dit verseker oor en oor aanbeveel. Die HEEL BESTE belegging aan myself in my hele lewe!!!


Juanita
Aug 31

WOW!!!!


Hierdie was die beste naweek ooit !!!

Soveel nuwe vriendinne ontmoet… en almal het n storie om te vertel…in n veilige omgewing en “no judgement”

Alles was so goed gereel… hierdie is beslis n naweek wat ek vir enige Vrou wil aanbeveel… jy herontdek jouself en kry alles net weer in perspektief vir jou pad vorentoe


Magdel Potgieter
Aug 31

SALF is presies dit wat die woord sê....die naweek was 'n veilige omgewing om jouself te wees en plek waar nuwe vriendskappe gesmee is.Die naweek het my lewe letterlik verander. Dit gaan alles oor die verlore "ek" en hier gaan jy jouself weer vind.Die tools waarmee ek huistoe gekom het is prakties en kan maklik elke dag vir die res van jou lewe handig te pas kom.

Maak die besluit en kom vind jouself weer saam Tania wn Sue. Hulle is 'n engele met soveel insig en deernis.

Sal die naweek vir altyd in hart saam dra....


SALF is exactly what its name represents, a safe space where you can simply be yourself. The weekend created an environment where you feel safe enough to open up, look honestly at yourself, and at the same time form new and genuine friendships.

This weekend literally changed my life. Somewhere amongst everything that life demands from us, it is so easy to lose the “me” along the way. At SALF, I found a piece of that lost “me” again and realised just how important it is to reconnect with yourself.

I came home with practical tools that I can genuinely use in my everyday life, not just for a week or a month, but for the rest of my life.

If you are wondering whether you should take the step, do it. Go and rediscover yourself with Tania and Sue. They are two absolute angels, with incredible insight, warmth and compassion.

I will carry this weekend, the people I met and everything I discovered about myself in my heart forever. ❤️


Claudia
Aug 31

Ek sal dit vir elke vrou voorstel, dit was die beste experience, om alles te verwerk en die regte manier om alles in die lewe beter te sien en beter te hanteer en ek het so baiie geleer van myself !!! Dit het my verander verseker !!

Ek is dankbaar !!!

bottom of page